'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 17 VAN 31

Nog nooit, in opgetekende geskiedenis, was 'n weermag so voorbereid soos die weermag van Josafat in die land van Juda nie. Hulle fokus was op die Here! Hulle het in die huis van die Here gebly! Hulle het gevas en gebid! Hulle het op hulle gesigte geval in aanbidding! En hulle het 'n oorwinningskreet geskree nog voordat die oorlog begin het!

Terwyl die mense onder Josafat se heerskappy gesing en aanbid het, het God die vegwerk gedoen. God se beginsels verander nooit nie en as jy jou lewe in lofsang en aanbidding deurbring, sal God die vegwerk vir jou doen. Glo jy dit? As jy dit glo, sal jy baie minder tyd aan bekommernisse wy en baie meer tyd in aanbidding! As jy werklik hierdie beginsels van die boek 2 Kronieke glo, sal jy meer tyd aan lofsang en minder tyd aan skinderstories bestee.

Wanneer ons God se beginsels en weë waarvan ons in die Bybel lees, volg, sal ons altyd meer as oorwinnaars wees, want ons dien 'n God wat ons altyd in triomf lei!

Die mense van hierdie beleërde nasie het drie dae lank die buit opgetel en selfs toe was daar meer as wat hulle kon dra. God is ryk in genade aan dié wat tot Hom roep in die mees desperate oomblikke van hul lewens. God sal altyd die gebede en verwagtinge van sy kinders oortref wanneer ons kies om eerder te aanbid as om te weeklaag.

Die mense het met vreugde na Jerusalem teruggekeer ... hulle het baie vrede ervaar ... en God het aan hulle rus aan alle kante gegee. Dit is beter as "vir altyd gelukkig saam", is dit nie?!
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com