'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 16 VAN 31

'n Genadelose en geweldige groot vyand was op die punt om die mense van Juda aan te val. Hulle het in die huis van God byeengekom om te bid en die Here se hulp te vra. Met ademlose afwagting het die hele land vir 'n woord van God gewag. Sal hulle almal vermoor word? Sal hul huise afgebrand en geplunder word? Sal hul vrouens en dogters verkrag word?

Toe, skielik, het die Gees van die Here op Jahásiël, een van die seuns van Asaf, gekom. Jahásiël was 'n aanbiddingsleier! Sy familie het vir ten minste ses generasies die aanbidding gelei en by hierdie kruispad van die geskiedenis, het God met Jahásiël gepraat, "Moenie bevrees wees nie! God is in beheer! Julle hoef nie bekommerd te wees nie, want God sal vir julle veg! Julle moet net in geloof bly staan!"

Hierdie woorde weerklink oor die eeue vanaf Jahásiël se lippe tot in jou hart. God is aan jou kant en Hy sal vandag vir jou veg! Dieselfde God wat die Rooi See oopgemaak het, is aan jou kant! Die God wat vir Goliat deur die hand van Dawid verslaan het, sal vir jou veg! Dieselfde God wat die leeus se bekke vir Daniël gesluit het, is in beheer van jou lewe.

Wat het koning Josafat toe gedoen? Hy het voor die Here neergeval in aanbidding. Dit klink vir my soos goeie raad ... wat van jou? Wanneer jy deur 'n vyand gekonfronteer word wat jou lewe bedreig, moet jy dalk ook doen wat hierdie aardse koning gedoen het ... hy het op sy gesig voor die Here in aanbidding neergeval. As dit goed genoeg vir Josafat was ... dan is dit goed genoeg vir jou. Dit het hier niks te doen met wat jou denominasie is nie — Baptis of Pinkster, Luthers of Charismaties of Episkopaal. Ek is van plan om elke dag van my lewe tyd op my aangesig in opregte aanbidding deur te bring. Dit is 'n posisie van krag en oorwinning! Wanneer jy 'n stryd stry wat groter as jyself is, is dit 'n strategiese posisie vir diegene wat weet dat hulle geskape is om te oorwin!

Laastens, wat het Josafat gedoen? Hy het opgestaan en die Here met 'n luide stem geprys. Ek luister ... is jy gewillig om saam met Josafat te aanbid? Laat die lofsange weerklink ... ons is op die punt om te wen!
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com