'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 15 VAN 31

In hierdie Skrifgedeelte het Josafat twee baie wyse besluite geneem. Ons moet kennis neem van die keuses in hierdie jong leier se lewe sodat ons ook elke stryd, waarin die vyand ons plaas, kan wen.

Eerstens, Josafat het hulp by die Here gesoek! Hy het nie na sy beste vriend gegaan nie ... hy het nie ge-Google wat Oprah hieroor te sê het nie ... hy het nie op Facebook gepraat oor dit waardeur hy gaan nie ... of die nuusblad gekoop nie. Josafat het na die Here toe gegaan toe hy 'n vyand in die gesig gestaar het en jy behoort ook!

Hoe doen ons dit? Ons neem ons stryd na die Woord van God. As jou stryd depressie is, kyk dan wat die Bybel oor depressie en oor vreugde sê. As jy in 'n fisieke stryd met 'n siekte is, kyk in 'n konkordansie en lees dan al die verse oor genesing en gebed wat jy kan vind. As jy enorme skuld in die gesig staar, kyk wat die Bybel sê oor voorsiening, om te gee en oor tiendes.

Die tweede ongelooflik wyse keuse wat koning Josafat gemaak het, was dat hy in die huis van die Here gebly het. Moenie toelaat dat jou stryd jou uit die kerk wegvat of uit die gemeenskap van God se mense neem nie! So baie Christene hou op om kerk toe te gaan wanneer hulle depressief, gespanne of siek is. Jy moet in God se huis te wees sodat jy jou stryd op God se manier kan veg!

As dit jou hartsbegeerte is om 'n Christen te wees wat gevul is met die krag van hemelse vreugde, dan sal jy Josafat se voorbeeld volg en jy sal in die Woord van God jou antwoorde soek. Jy sal ook, soos Josafat, die teenwoordigheid van God geniet wat jy in die huis van God sal vind.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com