'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 14 VAN 31

Josafat was een van die goeie mense van sy generasie. Hy het goed gevaar deur sy koninkryk te hervorm en om voorsiening vir geregtigheid te maak. Josafat het, as 'n man van God, die mense onder sy heerskappy aangemoedig om God heelhartig te dien en te vrees. H-m-m-m ... ek wens ons kon vandag 'n leier van sy kaliber vind!

Josafat het die regte dinge gedoen en 'n lewe van integriteit gelei, toe KADOEF! Die vyand het sy land onverhoeds binnegeval en oorlog in sy vreedsame koninkryk gebring. Die vermetelheid van hierdie vyande!

Die vermetelheid van jou vyande ook! Ons staar almal gedugte vyande in die gesig en kan 'n les of twee by die jong koning Josafat leer. Josafat het sy aandag onmiddellik daarop gevestig om die Here te soek. Hy het nie 'n oomblik verspil deur bekommerd te wees of deur God te beskuldig nie. Josafat het hom voorgeneem om sy oë op die Here gevestig te hou, ongeag watter vyand na die grense van Juda op pad was.

As jy die stryd om vreugde wil wen, sal jy jou oë op die Here moet hou. Jy sal geen tyd verspil deur bekommerd of angstig te wees nie. Jy sal jou in jou hart voorneem dat die Here jou volle, onverdeelde aandag sal hê, ongeag wat in jou omstandighede gebeur.

So dikwels wanneer ons in 'n stryd is, is die stryd al waaroor ons praat, ... die kanker ... die gebrek aan finansies, ... die vermetelheid van my skoonma, ... die rebellie van 'n kind. Praat oor die Here wanneer jy in 'n stryd is! Kies 'n Skrif en staan daarop!
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com