'n Sprong van VreugdeVoorbeeld
Waarna verlang jou siel? Verlang jy om baie geld te verdien? Verlang jy om vir eens en altyd jou man op sy plek te sit? Verlang jy na 'n volle nag se slaap? Verlang jy daarna om jou wil te laat geld of jouself uit te druk sonder om terug te hou? Die Psalmskrywer het verlang na die voorhowe van die Here! David het verlang om bloot tyd met God deur te bring in die lieflikheid van alles wat in God se teenwoordigheid te vinde is.
Jy sal nooit die vreugde ervaar wat vir jou bedoel is voordat jy nie al hierdie verlangens in jou lewe uitgepluis het nie. Wanneer jy uiteindelik na die teenwoordigheid van God verlang en om volgens sy wil en nie joune te leef nie, is dit op daardie kosbare oomblik wat jy sy vreugde sal ontvang. Wanneer jy uiteindelik besef dat jou lewe nie oor jou gaan nie ... maar dat dit oor Hom gaan ... sal jy die ryk vervulling ervaar van die vreugde wat slegs in sy teenwoordigheid te vinde is. Jou siel se diepste en dringendste verlangens kan net deur Hom vervul word.
Ek hoop jy het al die wonderlike bevrediging ervaar deur 'n loflied tot God te sing. Wanneer jy weer lus "voel" om in woede uit te bars, ... waarom nie eerder 'n lied van diepe aanbidding sing nie? Wanneer jy weer lus "voel" om jóú kant van die saak te stel, ... waarom nie liewer jou kop buig en die woorde van 'n lied toelaat om vrede in jou siel te bring nie? Wanneer jy weer deur iemand by die werk gekritiseer word, ... waarom nie liewer saggies 'n aanbiddingslied neurie nie?
Herprogrammeer jou reaksies van woede af na 'n lied ... van frustrasie na aanbidding ... en van ongeduld na lofprysing. God gee regtig om hoe ons reageer op hierdie daaglikse probleme van die lewe en ek, soos die Psalmskrywer van ouds, sal kies om te sing!

Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com