'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 23 VAN 31

Paulus, die grootste teoloog en evangelis van alle tye, is weer eens in die moeilikheid! Hy is gevang waar hy die woord van God op die verkeerde plek op 'n verkeerde tyd verkondig het. Nietemin, voordat hy hom tronk toe stuur, het koning Agrippa self besluit hy wil Paulus se kant van die storie hoor. Agrippa het die ouditorium met al sy glorieryke prag binnegekom en het tussen die politieke leiers van die dag gaan sit.

Toe die menigte stil word in die teenwoordigheid van die aardse koninklike, het koning Agrippa, wat bekend was as 'n kragtige en veeleisende leier, na Paulus gekyk en hom toestemming gegee om self sy saak te stel.

Hoe sou jy in hierdie situasie reageer? Eerlikwaar, my hart sou kliphard in my bors geklop het. Die meeste onder ons sou gewonder het waar God in dit alles was! "Werklik, God?! Ek het U woord verkondig en nou is ek hier besig om myself te verdedig voor die magtigste man wat leef?!"

Ek weet ek sou God gesmeek het om my nie te laat naar word of flou val in die teenwoordigheid van hierdie man wat my kan laat doodmaak of my in die Romeinse tronk kan gooi met 'n knik van sy outoritêre kop nie.

Paulus het kalm sy hand in Agrippa se rigting uitgesteek en een van die mees elegante verdedigings van alle tye met hierdie opregte woorde begin: "Koning Agrippa, ek ag myself gelukkig dat ek my vandag voor u teen al die beskuldigings van die Jode kan verdedig" (Handelinge 26:2).

Paulus het dit onomwonde in die teenwoordigheid van die mees belangrike manne van sy dag gestel: "Ek ag myself gelukkig ..." Volgende keer, as jy in 'n beproewing is, sal jy aan jouself dink as gelukkig?

Volgende keer as jou lewe op die punt is om na binne inmekaar te stort, wil jy nie probeer om, soos Paulus, jouself as gelukkig te ag nie?

Ons kan ons manier van dink verander omdat ons Jesus Christus ken. Ons kan die manier waarop ons verstand ons omstandighede verwerk, verander omdat ons weet dat ons Skeppergod altyd die laaste woord sal hê! Ek daag jou uit ... dink vandag aan jouself as gelukkig!
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com