'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 25 VAN 31

Die woorde van Paulus in hierdie Skrifgedeelte kom afgevuur deur die eeue tot by ons in die 21ste eeu, wat begeer om 'n lewe te lei wat aan die Here vreugde sal bring. Paulus se woorde oor hoe om 'n lewe van betekenis en krag te lei, dring ons kultuur binne om dít af te maai wat ons deur televisie, tydskrifte en koerante gebreinspoel is om te glo. As jou doel is om 'n lewe van krag te lei, sal jy na hierdie eeu-oue woorde luister en dit gehoorsaam, want hulle is nog net so geldig vandag as wat hulle twee duisend jaar gelede was.

Die belangrike deel van die Christelike lewe word aangekondig aan die begin van hierdie Skrifgedeelte: "Soek julle krag in die Here en in sy groot mag." Paulus se heel belangrikste opleidingsadvies wat hy aan enige soldaat sal gee, is om jou krag in die Here te soek!

God se wil vir jou lewe is om 'n sterk Christen te wees wat nie maklik rondgeslinger word deur die winde van die lewe of deur die geraas van omstandighede nie. God het dit selfs vir jou moontlik gemaak om met sy eie krag gevul te word!

Wanneer jy 'n persoonlike afrigter huur, kan hy jou vertel wat om te doen en selfs vir jou 'n oefenprogram uitwerk wat jou liggaamstipe die beste pas — maar wat hulle nie kan doen nie, is om hulle vaardighede en spierkrag na jou toe oor te dra. Net God kan dit doen!
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com