'n Sprong van VreugdeVoorbeeld
Weet jy dat jy alreeds alles ontvang het wat jy moontlik nodig mag hê om 'n lewe van aansteeklike vreugde te lei? God die Vader, deur Jesus die Seun, het alreeds alles voorsien wat nodig is om 'n Goddelike lewe te lei! En, omdat vreugde 'n eienskap van God se eie karakter is, sluit dit 'n lewe van volkome, dinamiese vreugde in!
Wanneer jy Jesus Christus het, het jy alreeds alles wat jy nodig het om pre-menstruele sindroom, depressie, die geneigdheid om te kritiseer, ongeduld en vorige mislukkings te hanteer. God, wat meer vrygewig is as enige historiese figuur van enige tydperk, het alreeds alles vir ons gegee wat ons nodig het om 'n lewe van volheid en vreugde te kan lei.
Dit is 'n kosbare belofte dat ons deelgenote mag wees van die Goddelike natuur. Ons is nie 'n aardse namaaksel nie, maar ons kan ons onsself gedra, praat, stap en emosioneel optree net soos Jesus, toe Hy op die aarde was. God se eie Goddelike natuur kan ons swakhede in elke area van die lewe vervang, as ons Hom net sal toelaat om dit te doen. Wanneer ons in die Gees lewe en wandel, dan wandel ons eintlik in die teenoorgestelde rigting as ons natuurlike geneigdhede en ons eie genetiese ingesteldheid.
As jy hierdie verse in jou lewe sal toepas, sal jy die beste moontlike weergawe van jouself wees. Sal dit harde werk verg? Ja! Dit verg heelhartige ywer, maar God self sal jou versterk en aanmoedig namate jy elke dag van jou lewe meer soos Hy word!

Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com