'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 26 VAN 31

Moet nooit die belangrikheid van 'n regverdige lewenstyl onderskat in jou vasberadenheid om 'n vreugde-gevulde Christen te wees nie. As jy dink dat jy 'n lewe van kompromie en selfsugtigheid kan lei en nog steeds die begunstigde van hemelse vreugde sal wees, dink weer!

Die Bybel, vanaf Genesis tot Openbaring, is gevul met God se mening oor die belangrikheid daarvan om 'n regverdige lewe te lei. Ek praat nie van 'n wettiese lewe of slawerny nie! Geregtigheid is God se idee van vryheid en lewe op sy heel beste!

Geregtigheid is om eenvoudig jou lewe te lei in onderworpenheid aan God se weë. Dit mag beteken dat jy van kompromieë of tweederangse besluite in jou lewe ontslae moet raak. Dit mag beteken dat jy jou manier van praat moet verander of hoe jy jou tyd deurbring.

Doen vandag selfondersoek oor jou lewe en vra vir God om enigiets in jou lewe wat verander moet word, aan jou te openbaar. Indien 'n gedagte by jou opkom dat jy ongeduldig met jou lewensmaat was, moenie daardie gedagte onderdruk nie. Dit is bes moontlik van God en Hy openbaar 'n area in jou lewe wat jy moet verander.

Miskien, nadat jy God gevra het om areas in jou lewe te openbaar wat verandering nodig het, mag jy wonder of jy dalk die afgelope tyd te veel geld uitgegee het, of jy mag wonder of jy te veel tyd voor die rekenaar gemors het. Moenie daardie gedagtes ignoreer nie. Dit mag juis God wees wat jou help om jou lewe op te ruim sodat jy vandag 'n vreugdevolle lewe kan lei!
Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com