'n Sprong van VreugdeVoorbeeld
Vir mense wat werklik teen daaglikse depressie stry en die grootste deel van hulle lewens in die diepte van moedeloosheid leef, is dit belangrik om die verhouding tussen vreugde en danksegging te verstaan. As jy 'n dankbare persoon is, kan vreugde nie so ver weg wees nie. As jy 'n vreugdevolle persoon is, waarborg ek dat jy jou seëninge daagliks en hardop tel.
Danksegging is die wagwoord wat die deur van sy teenwoordigheid na sy mense toe oopmaak. Wanneer jy in sy teenwoordigheid ingaan, weet jy wat jy daar sal vind: VREUGDE!
Dus, as jy vandag teen hartseer of teleurstellings in die lewe stry, maak 'n lys van dinge waaroor jy dankbaar is. Moenie by vyf of tien ophou nie ... wees kwistig in jou danksegging en maak 'n lys van 20 ... of 50 ... of 100 dinge waaroor jy dankbaar is.
Ek glo dat danksegging vir 'n Christen nooit beperk moet word tot een dag van die jaar of selfs een seisoen nie. Danksegging moet 'n opregte, daaglikse leefstyl wees. 'n Dankbare hart is die vrugbare teelaarde vir die saad van vreugde om uit te spruit en oorvloediglik te blom.

Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com