'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 12 VAN 31

Jesus het deur beproewinge en moeilike omstandighede gegaan terwyl Hy hier op aarde as 'n mens gewoon het. Die kruis was meer as net 'n beproewing en groter as net 'n ongerief. Die kruis was pyn! Dit was lyding! Dit was die grootste siele-angs wat aan die ganse mensdom bekend is. Hoe kon Jesus die kruis verduur en die marteling van die fisieke pyn wat Hom aangedoen is?

Hy kon die kruis verduur, selfs al het Hy die pyn verafsku, as gevolg van die vreugde wat Hom ingewag het. Watter vreugde het Jesus gesien toe Hy aan die kruis was? Wat was die buitengewone vreugde waarop Hy bly fokus het toe die pyn amper te veel was om te verduur? Die vreugde wat Jesus die krag gegee het om aan te gaan, was jy ... en dit was ek. Ons is sy vreugde en Hy is ons vreugde!

Jesus het geweet dat Hy moes sterf sodat ons kan lewe ... vir Hom was dit pure vreugde! Jesus het geweet dat Hy aan die kruis vasgespyker moes word sodat ons van pyn, verslawing en depressie vrygestel kon word ... vir Hom was dit onbeskryflike vreugde! Jesus het geweet dat sy liggaam die pyn van 'n gruwelike dood moes verduur sodat ons genees kon word ... en dit was vir Hom ware vreugde!

Het Jesus gehou van dit waardeur Hy moes gaan? Nee, die Bybel sê dat Hy dit verafsku het, maar Hy het dit gedoen omdat Hy jou "Vreugde" noem. Ons kan vreugde hê, want ons het Hom!
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com