12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 12 VAN 12

Ons Berei die Pad Voor

Hierdie laaste fout is eintlik 'n samevoeging van die vorige 11 foute. Dink na oor die eerste 11 foute: ons laat hulle nie toe om te misluk nie, ons projekteer ons lewens op hulle, ons prioritiseer hulle geluk, ons is nie konstant nie, ons verwyder die nagevolge, ons jok oor hul potensiaal, ons laat hulle nie sukkel nie, ons gee vir hulle dinge wat hulle eintlik moet verdien, ons prys die verkeerde dinge, ons verwyder die pyn en ons doen dit vir hulle. Sit al hierdie saam en jy kry 'n ouer wat die pad probeer voorberei vir sy kind, en nie sy kind probeer voorberei vir die pad nie.

Spreuke 22:6 vermaan ons: "Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie." Wat dit nie sê nie is: “Kry alles perfek reg vir jou kinders om suksesvol te wees en wanneer hulle oud is sal hul dankbaar wees.”

Psalm 23 is 'n ander welbekende Skrifgedeelte, maar nie tipies as advies aan ouers nie. Kom ons bestudeer weer die gedeelte om die prentjie te sien wat die psalmis geskep het oor ons hemelse Vader. Die Here is ons herder, gids, leier, vertrooster, voorbereider, saam met ons in donker dieptes, salf ons, en die een wat ons vir ewig liefhet. Wat as jou kind 'n psalm oor jou skryf? Wat wil jy hê moet daar staan?

 

 

Pas toe: Lees Psalm 23 saam met jou kind. Indien moontlik vra hulle om met jou te deel hoe hulle voel oor God as ouer. Deel met hulle hoe jy sal probeer om 'n ouer soos wat God is, te wees.

Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church