12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 11 VAN 12

Ons Doen Dit Vir Hulle

“Hier, my skat, laat ek dit vir jou doen.” Watter liefdevolle ouer het nog nooit, 'n bietjie te lank, sy kind se veters vasgemaak, of hul met die lepel gevoer, hulle foute toegesmeer, of hulle papierwerk ingevul nie? Hierdie is dalk die mees algemene fout wat gesonde, welmenende ouers maak.

Daar was 'n goeie man in die Bybel, wat 'n ouer was en 'n man van God, genaamd Eli. Sy twee seuns was slegte mense, hulle was bekend daarvoor dat hulle God se tempel misbruik het om hulself te bevoordeel en om die vroue te misbruik. Tog was Eli nog steeds gekenmerk as 'n goeie man wat die Here geëer het. Ons kry nie 'n uitleg van hoe Eli sy seuns grootgemaak het nie, maar ons weet dat toe hy uitgevind het dat sy seuns vroue na die tempel gelok het om saam met hulle te slaap, het hy hulle basies net 'n ligte skrobering gegee, en hulle toegelaat om hul posisies by die tempel te behou.

Gebaseer op wat ons weet, kan ons aanneem dat Eli se seuns nie hul rolle in die tempel verdien het deur hul toewyding aan God nie. Eli, as hoof van die tempel, het moontlik die rolle vir hulle geëien? Ons kan raai dat Eli se seuns nie veel van 'n verhouding met God gehad het nie. Miskien het hulle daarvoor ook op hul pa staatgemaak? Dit is veilig om aan te neem dat hulle nie die nagevolge van hul keuses self gedra het nie. Die Bybel stel voor dat Eli dit ook vir hulle gedoen het. Eli se seuns het gedink hulle is geregtig om te vat wat hul wou van God en sy mense. Eli het dit dalk nie eens besef nie, maar sy seuns se aanspraak is iets wat hy ook vir hulle geskep het.

Dus, in plaas daarvan om dit vir ons kinders te doen, kom ons doen dit saam met hulle wanneer hulle jonk is, en lei hulle om dit self te doen soos hul ouer word. Kom ons wees hulle afrigter, nie hul plaasvervanger nie. Kom ons wees hulle gids, nie hulle god nie — hulle konsultant, nie hulle kontrakteur nie.

 

 

Plan: Maak 'n lys van ten minste drie dinge wat jy gaan ophou doen vir jou kinders. Ontwerp 'n ouderdomsgepaste plan om hulle te help om hul nuwe verantwoordelikheid te verstaan.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church