12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 10 VAN 12

Ons Heg Waarde Daaraan Om Alle Pyn te Verwyder

Trane? Hier is 'n fopspeen. Tande kry? Hier is 'n tablet. Sukkel om te slaap? Hier is baba Tylenol. Snot neus? Hierdie toerusting suig dit uit. Krampe? Ons het iets daarvoor ook. Al hierdie pyn verlossing gebeur nog voordat ons kinders een word! Dis ook nie alles sleg nie. Ons begeerte om ons kinders te weerhou van pyn is so sterk dis moontlik natuurlik. Tog, soos wat ons aanhou daarmee, moet ons die nagevolge besef van alle pyn verwyder.

Ruimtevaarders kan vir maande lank in 'n ruimtestasie wees sonder swaartekrag wat help om hulle spiere te laat werk. Die eindresultaat? Spieratrofie. Ruimtevaarders het so gewoond geraak om so maklik te beweeg in die ruimte, dat hulle met hulle terugkeer dit moeilik gevind het om te loop. Dit was ernstig genoeg dat NASA duur toerusting moes ontwerp om gewigte optel, fietsry en loop op aarde in normale swaartekrag te simuleer.

Deur om alle seer en swaarkry te verwyder van ons kinders is soos om hulle toegedraai in 'n sponslaag in 'n ruimtependeltuig, die toekoms (sonder swaartekrag) in te stuur. Wanneer hulle in die toekoms kom gaan hulle nie weet hoe om onder die gewig van die werklike lewe te oorleef nie. Tim stem saam: “Wanneer ons pyn verwyder, atrofieer [ons kinders] se vaardighede om beproewinge te verduur." Die Apostel Petrus, wat Jesus se ondraaglike pyn op die kruis waargeneem het, stem ook saam. Hy het in sy eerste brief aan die vroeë Christene geskryf in 1 Petrus 2:21: "Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg."

In plaas daarvan dus om alle seer vir ons kinders te verwyder, moet ons hulle optrede teenoor pyn begelei. Ons kan hulle help om pyn waar te neem as 'n tydelike struikelblok met 'n langtermyn voordeel. Ons kan vir hulle verhale vertel van hoe pyn ons gehelp het om sterker te word. Meer belangrik as dit, kan ons hulle herinner dat Christus altyd met ons is tydens ons beproewinge.

 

 

Dink hieroor na: Hoe kan ek my kinders help om troos te vind in hul pyn? Vermy ek my eie pyn? Jesus, sal U my u teenwoordigheid in my pyn wys?

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church