12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld
Ons Prys Die Verkeerde Dinge
In al die Skrifgedeeltes oor kinders is daar nie een wat sê: "Jy moet jou kinders elke dag prys. Die son mag nie ondergaan sonder dat jy vir hulle gesê het hoe slim hulle is nie." Tog voel ons asof ons faal as ouers as ons dit nie doen nie.
Die Bybel praat nie noodwendig direk oor lofprysing vir jou kinders nie, maar daar is baie geskryf oor hoe om ander te bemoedig. Daar is 'n spesifieke Bybelvers wat aandui om dit elke dag te doen. Hebreërs 3:13 sê: "Maar solank daar nog 'n 'vandag' is, moet julle mekaar elke dag aanspoor …" Die woord “aanspoor" is afkomstig van die Griekse woord, parakaleo, wat 'n beeld oproep van iemand wat eenkant toe geroep word om aangespreek of bemoedig te word. Dit bied aan ons 'n beter voorstelling van hoe ons ons kinders moet bemoedig. In plaas van om vinnig vir hulle te vertel hoe mooi of slim hulle is, moet ons hulle eenkant toe roep en hulle unieke deugde en pogings aanspreek.
Jy sal vandag baie van Tim se verhaal hou, maar kom ons kyk eers na 'n lys uit sy boek. Hier onder volg dít waarna Tim verwys as die drie algemeenste foute wat hy in sy navorsing en ondervinding gevind het wanneer kinders geprys word.
- Ons prys vasgestelde kenmerke. Ons moet eerder prys wat binne hulle beheer is.
- Ons prys onverantwoordelik. Ons moet eerder opreg wees en werklike belangstelling toon.
- Ons prys stem nie ooreen met hul optrede nie. Ons prys moet sinvol wees.
Bid: Heilige Gees, sal U my asseblief help om die unieke sterkpunte en deugde van my kind raak te sien? Sal U my daagliks lei om hulle op betekenisvolle maniere te bemoedig?
Aangaande hierdie leesplan
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church
More