12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld
Ons Is Oneerlik Oor Hulle Potensiaal
Ons senior pastoor, Craig Groeschel, het onlangs vir ons jong leiers gesê: “Julle dink julle kan korttermyn gesien meer doen as wat julle werklik kan, maar julle besef nie wat God langtermyn gesien déúr julle kan doen nie.” Ons kan gerus aanneem dat Craig besig was om te praat met volwassenes wie se ouers, onderwysers en samelewing fout nommer ses 'n kwarteeu gelede gemaak het. Daardie selfde volwassenes is vandag ouers in wording.Tim se fout nommer ses weerspieël Craig se woorde: "Ons is oneerlik oor hulle potensiaal en stel nie ondersoek in na hulle ware potensiaal nie.”
Hoe gaan ons dus die koers van die volgende generasie verander? Kom ons doen die nodige moeite om ons kinders se Godgegewe gawes te ontdek. Kom ons hou die moeilike gesprekke wanneer ons kan sien ons kinders probeer iets waarmee hulle waarskynlik nie ver gaan vorder nie. Kom ons help hulle om hul sterkpunte te ontdek en lei hulle om dit met volharding te gebruik.
In sy boek oor hierdie 12 foute, verduidelik Tim twee stelle van vyf boodskappe waarop hy gefokus het met sy kinders. Die eerste vyf het hy gedurende die eerste vyf jaar van hulle lewens bespreek, en die tweede stel van vyf gedurende die laaste vyf jaar wat hul by die huis gebly het. Hier volg die twee stelle:
Eerste Vyf Jaar By Die Huis
- Jy is geliefd.
- Jy is veilig.
- Jy is waardevol.
- Jy het unieke gawes.
- Jy word ondersteun.
Laaste Vyf Jaar By Die Huis
- Die lewe is moeilik.
- Jy is nie in beheer nie.
- Jy is nie só belangrik nie.
- Jou lewe gaan nie oor jou nie.
- Jy gaan eendag sterf met 'n nalatenskap.
Dink hieroor na: Watter veranderinge het ek in my ouerskapstyl aangebring vandat ek hierdie leesplan begin het? Wat is my volgende stappe om vandag se idee toe te pas?
Aangaande hierdie leesplan
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church
More