12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld
Ons Verwyder Die Gevolge
Jou kop is vreeslik seer. Jy probeer om iets klaar te maak; dus neem jy 'n pynverligter. Die volgende dag gebeur dit weer. Dis 'n besige week, en jy drink maar nog 'n pil. Jy merk die volgende dag dat jou sinusholtes effens verstop is, en jou hoofpyn word erger. Jy drink maar nog 'n pil in plaas daarvan om te rus. Uiteindelik, na verskeie dae wat jy die simptome behandel, besef jy jou ligte verkoue is nou 'n erge sinusinfeksie. Dié van ons wat al hierdeur is, besef dat, alhoewel ons tydelike verligting ervaar deur die gevolge van siekwees uit die weg te ruim, ons eintlik net die langtermyn lyding verleng.
Gevolge werk op hierdie manier. Hulle kan nie permanent vermy of uitoorlê word nie. Hoe vinniger jy dit trotseer, hoe gouer verminder dit. Hoe langer ons dit uitstel, hoe groter en erger raak dit. Die enigste manier om werklik ontslae te raak van gevolge, is om dit te aanvaar en toe te laat dat dit die nodige werk in ons doen. Die skrywer van Hebreërs wys dit uit in Hebreërs 12:11: "Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God."
Hoe kan ons dus ouers wees wat suksesvol tot ons kinders se toekoms bydra? Ons hou ons oë op die langtermyn gerig. Ons laat ons kinders met liefde toe om die gevolge van hulle besluite te dra, in plaas daarvan om hulle daaruit te wil opraap. In vandag se video beskryf Tim hoe ons reëls vir vergelykings moet uitruil. In plaas daarvan om te sê: "Moenie dit doen nie," moet ons sê: "As jy hierdie doen, dan sal dit gebeur.”
Bid: Vader, is daar enige gevolge in my lewe, of areas wat dissipline vereis wat ek uitstel? Sal U asseblief vir my die maniere uitwys hoe ek 'n ouer kan wees vir my kind soos wat U 'n ouer vir my is?
Aangaande hierdie leesplan
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church
More