12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 4 VAN 12

Ons Is Wisselvallig

Regtig, Tim? Moet ons regtig hierdie bespreek? Ons hou daarvan om te dink dat ons kinders net ons goeie gedrag raaksien. Ons vergeet ewe trots van ons negatiewe gedrag en neem aan dat ons kinders goed voel oor ons positiewe gedrag. Dit is wat trots doen, nie waar nie? Dit weerhou ons van die realiteit dat ons nie aanhoudend optree soos ons hoop ons kinders eendag sal leef nie. Dankie Tim, dat jy verby ons trots stoei om ons te help om ons kinders te lei om suksesvolle volwassenes te word.

Kom ons wy ons daaraan toe om vandag op te hou om die fluistering van die Heilige Gees stil te maak en eerder die trots in ons lewens af te breek. Ons, en ons kinders, het dit nodig. Hulle is verward. Hulle weet nie watter voorbeeld van ons om te volg nie. Is dit die een wat dít sê, of die een wat dát doen?

Wil ons hê ons kinders moet voorhuwelikse seks vermy? Kommunikeer ons leefwyse, ons vermaak, ons naaste vriende en ons woorde daardie waarde? Wil ons hê ons kinders moet nie vloek en lelik praat nie? Wat sê ons eie monde? Is dit werklik "amper slaaptyd" teen 6:58 nm. — hoekom sê ons dit altyd?

Tim sê: “Wisselvalligheid is die broeiplek van onsekerheid in ons kinders.” Hoe kan ons dus 'n gevoel van sekerheid kweek? Standvastigheid. Hoe kan ons standvastig lewe? Kom ons laat vaar ons trots, luister wat Tim sê, en lees in die bergrede (Matteus 5-7) oor Jesus se gedagtes rakende die mensdom se gedrag.

 

 

Plan: Ontwerp 'n plan om standvastig in jou kinderopvoeding te wees. Maak 'n lys van kernwaardes wat jy vir jou kinders sal uiteensit én uitleef.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church