12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 3 VAN 12

Ons Stel Geluk As Prioriteit

Ons sê: “Jy gaan nie gelukkig wees as jy dit doen nie.” Ons sê: “Dit maak my nie gelukkig as jy so praat nie." Ons sê: “Los jou houding en wees net gelukkig." Ons vra: “Is jy seker dis die regte een? Is jy gelukkig?” Ons sê: “Mamma en Pappa gaan nie meer by dieselfde huis bly nie. Ons is gelukkiger so.” Ons sê soveel dinge wat ons kinders laat glo geluk is die einddoel. Dis ook nie net by ons waar hulle dit hoor nie. Hulle hoor dit in die samelewing, by die skool, by maatjies, en in elke verhaal wat eindig met: "en hulle het lank en gelukkig saam gelewe.”

Die enigste manier wat ons kinders sal besef dat geluk nie die doel van die lewe is nie, is wanneer óns dit self besef. Dan moet ons die 3 000 ure wat ons jaarliks saam met hulle het, gebruik om dit vir hulle te wys deur hoe ons lewe. As die lewe nie daaroor gaan om gelukkig te wees nie, waaroor gaan dit dan? Jesus het die rede om te lewe in twee eenvoudige opdragte gegee. Jy moet die Here jou God liefhê met álles in jou en jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jy moet met ander woorde jou lewe aan God en ander wy. Kom ons noem dit om "'n lewe te leef wat op ander gerig is.”

"Tevredenheid met die lewe vind meestal plaas wanneer mense besig is om op aktiwiteite te fokus wat veroorsaak dat hulle van hulself vergeet, die verloop van tyd vergeet en ophou om bekommerd te wees," sê sielkundige, dr. Mihaly Csikszentmihalyi. Het jy van jouself vergeet net deur die dokter se van te lees? Om ernstig te wees, lees weer deur dr. C se woorde. Dit bevestig Jesus se twee-stap plan vir hoe om te lewe. Ons het nie tyd om geluk na te jaag wanneer ons ons kragte vir God en ander inspan nie. Dit beteken egter nie ons is nie gelukkig nie. Dit is juis dán wanneer ons geluk vind as 'n byproduk daarvan om volgens Jesus se opdrag te leef.

Jesus het nie net vir sy dissipels gesê om so te leef nie, Hy het in die stof gekniel en hulle voete gewas. So ook moet ons kniel — weg van dit wat ons gelukkig maak — en ons kinders wys hoe om ander te dien.

 

 

Oefen: Bestee tyd daaraan om jou kind(ers) te help om hulle gawes en talente te ontdek, en neem saam met hulle deel om dit te gebruik om iemand anders te dien.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church