12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 2 VAN 12

Ons Projekteer Ons Lewens Op Ons Kinders

“Hoe kan jy nog steeds nie hierdie woord spel nie? Jy is nou al in graad drie en ons oefen elke aand nou al vir die laaste drie dae!" sê 'n gefrustreerde ouer soos hulle onthou hoe hulle die spelkompetisie gewen — of verloor — het in hulle tyd. Ons het al almal dit gedoen. Miskien was dit met bal slaan, woordsomme, in 'n rok inpas, graad vang, universiteitstoelating of die regte beroep kies. Op 'n stadium het ons gehoop om deur die mensies wat van ons moet "afstam" te lewe. Ons afstammelinge moet gemotiveer word deur ons momentum, nie teruggehou word deur ons vrese nie.

In vandag se video, noem Tim unieke teleurstellings, vir beide ouer en kind, wanneer ons probeer om ons sukses in ons kinders se optredes te vind. Tog, die probleem om ons identiteit in die verkeerde plekke te soek is nie uniek nie. Ons soek ons waarde in die verkeerde plekke al vandat Adam en Eva die slang vertrou het — 'n klein, skubberige, grondseilende stukkie van God se skepping — om meer te weet as God.

Ons moet ons waarde by ons hemelse Vader soek elke keer wanneer ons voel ons projekteer ons lewens op ons kinders. Hy het sy Seun vir ons gegee om 'n pad te wees terug na Hom toe. Ons waarde is in 'n kind, maar dis nie in ons kind nie, dis in God se enigste Seun, Jesus. God het ons nie lief omdat ons iets vir Hom gedoen het nie, Hy het sy liefde aan ons bewys deur Iemand wat Hy opgegee het vir ons. Ons moet eerstens dit werklik verstaan om ons ware identiteit te ontdek. Tweedens, as ouers, volg ons dan God se voorbeeld en ons offer die dinge wat ons liefhet op om ons kinders vry te stel van die gevangenis om ander tevrede te stel. Daar word in elk geval te veel waarde aan spelkompetisies geheg.

 

 

Dink hieroor na: Hoe projekteer ek my lewe op my kinders? Hoe gaan ek eerder my aandag vestig op die waarde wat God aan my heg?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church