Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 15 VAN 21

Wees ... en Vergewe

Wees goedgesind.

Wees hartlik.

Neem jy kennis van die woord "wees"? Wel, dis 'n baie belangrike woord, veral as jy dit in die konteks van Efesiërs 4:32 saam met goedgesind en hartlik gebruik. God roep ons om pro-aktief op te tree in die manier hoe ons ander mense behandel. Dis nie 'n passiewe aksie in ons verhoudinge nie, maar eerder 'n doelbewuste keuse. Ons moet vorentoe gaan, 'n doel najaag, iets nastreef wat nie in ons natuur is nie.

Wees goedgesind as iemand jou kras aanspreek. Wees hartlik as iemand 'n uitskel verdien. Wees goedgesind as jy iemand eerder wil pootjie. Wees hartlik as jy dink iemand moet gestraf word.

Om goedgesind en hartlik te wees, is meer as net 'n goeie idee. Dis 'n belangrike stap wat ons moet doen: beweeg aan met vergifnis. God beveel ons om te vergewe, dring by ons aan om deel van hierdie proses te wees, gesien in die lig van die vergifnis wat Hy in Christus Jesus oor ons uitgestort het.

Vergifnis stel ons vry om die oorvloedige lewe te leef wat God belowe het (Johannes 10:10), sonder om vasgeketting te wees aan die wonde wat ons vashou. Vergifnis beteken nie dat ons vergeet nie. Inteendeel, vergifnis gee erkenning aan die pyn en onregverdigheid terwyl ons God vertrou om die finale sê te hê. Om by 'n plek van vergifnis uit te kom, moet ons begin deur goedgesindheid en hartlikheid te openbaar teenoor hulle wat ons seergemaak het.

Ja, dis baie moeilik! Soms voel dit of dit onmoontlik is en selfs of dit die verkeerde ding is om te doen, veral in die geval van geweld. Goedgesindheid kan egter eenvoudig net beteken dat jy nie wens dat iets slegs met daardie persoon gebeur nie. Hartlikheid kan eenvoudig net beteken om deur God se oë na 'n persoon te kyk. Vir nie een van daardie twee gevalle hoef jy in kontak met die oortreder te wees nie, en albei sal jou vrymaak van die houvas van die pyn wat hulle veroorsaak het.

 

Word herskep

1. Op watter maniere het God goedgesindheid en hartlikheid teenoor jou geopenbaar?

2. Teenoor wie vra God jou om goedgesind, hartlik en vergewensgesind te wees?

3. Wat kan jy doen om van nou af elke dag goedgesindheid, hartlikheid en vergifnis toe te pas?

 

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946