Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
FASE 4: HOU BY JOU BESLUITE
Wag in afwagting
Wag. Dis nie my sterkpunt nie. Ek is nogal ongeduldig en 'n mens kan dit sien, veral in my verhouding met die Here. Wanneer ek 'n idee in my kop kry, doen ek dit sonder om eers raad by God te vind, wat nog te sê om aan die gevolge van my besluite te dink. Ja, ek is skuldig daaraan om iets onnodig te koop sonder om eers uit te vind of ek dit sal kan omruil, of om "ja" te sê vir iets waarvoor ek "nee" moes sê. Gelukkig het hierdie lewenslesse nie onherstelbare skade aangerig nie.
Deur God se genade het Hy my toegelaat om genoeg afgeskrik te word deur my impulsiwiteit, sodat ek daarna streef om my begeertes, planne en verregaande idees elke dag aan Hom voor te hou.
Om elke dag tyd saam met die Here deur te bring, is 'n waardevolle belegging van my tyd, soos ek in Ontmoet die Nuwe Jy beskryf. Dis my beginpunt vir die dag, waar ek deur middel van die Woord groei en ook die laste van die wêreld aan die voete van die kruis neerlê. Dis ook 'n tyd wanneer ek oefen om te wag terwyl ek my verlangens aan die Here oorgee, of ek dit nou in my gebedsjoernaal neerskryf en of ek net stil sit en wag dat die Here met my praat. Daar is tye wanneer die Here vir my beloftes uit sy Woord gee — nie van wat Hy sal doen omdat ek 'n versoek gerig het nie, maar herinneringe van wie Hy is. Daar is tye wanneer ek opnuut van God se karakter bewus word. En daar is tye wanneer ek wonder: "Wat op aarde gaan Hy doen?" Selfs dan wag ek in afwagting.
Om te wag is nooit verlore tyd wanneer God dit gebruik om sy doel te bereik nie.
Wat wil God hê moet jy in hierdie wagtyd leer?
Word herskep
1. Wat sal dit vir jou behels om in afwagting voor God te wag?
2. Watter soort versoeke dink jy wil die Here hê dat jy vir Hom moet bring?
3. Watter stappe moet jy doen om elke dag jou ontmoeting met God 'n prioriteit te maak?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More