Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Oefenkamp
Iets het met my gebeur ... en ietwat uit die bloute. Of dalk is dit 'n byproduk van my veertigerjare. Ek vind dat ek mense op 'n heel nuwe manier bestudeer, asof ek die student van 'n meesterlike kunstenaar is wat ontsag het vir sy werk. Ek kritiseer nie wat ek in ander sien nie. Ek sien eerder elke besonderheid, van die fyn lyntjies en plooie, tot 'n baba se gladde vel en sagte kuiltjies. Ek sien elke kleur van elke string hare raak. Elke skakering van elke oogkleur. Elke vorm van elke wenkbrou.
Dis asof God vir my 'n nuwe paar brille gegee het om na sy werk te kyk en dís wat ek agterkom: die herskepping van ons fisieke liggame weerspieël 'n geskenk van God wat gevier behoort te word. Dit beteken dat ons nog 'n dag gekry het om te lewe. Dit beteken dat ons iets oorleef het wat ons nooit gedink het ons sou hoef deur te maak nie. Dit beteken ons het een of twee lesse geleer wat ons aan ander kan oordra.
Om ouer te word is 'n gawe, want dis 'n bewys dat 'n lewe geleef word. Daardie fyn lyntjies vertel verhale van liefde en verlies. Vieringe en teleurstellings. Prestasies en mislukkings. Vrese wat trom-op geloop is en dapper stappe wat gedoen is.
Miskien is dit hoekom God die ouer vroue aanmoedig om die jonger vroue te leer. Hulle het iets waardevols om te sê. Hulle het iets waardevols om oor te dra. Maar ons kan vra: "Wie is die ouer vroue?" Daar is nie 'n aanduiding in die Skrif nie. Dalk is die ouer vrou die een met een meer fyn lyntjie as die een langs haar. Dalk het sy net genoeg wysheid om aan die volgende geslag oor te dra.
Word herskep
1. Wat is jou perspektief omtrent ouerword? Is dit 'n gawe of 'n vloek?
2. Hoe kan jy in jou lewe ruimte skep vir lering van ouer vroue?
3. Kan jy moontlik die ouer vrou wees, en indien wel, met wie kan jy jou lewenswysheid deel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More