Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Skatte
Daar was 'n sagte klop aan die badkamerdeur, gevolg deur 'n fluisterstem van ons seun. Hy het 'n nare droom gehad oor ons huis wat afbrand, danksy die brandoefening vroeër in die dag by die skool, wat hom verskrik het.
Terwyl ek hom omhels, praat ons oor sy vrese en beraam 'n plan van aksie as so iets ooit gebeur. Daarna bid ons, en rig ons harte op 'n ewige perspektief terwyl ons die belofte van 'n hemel onthou en die feit dat die mense in ons lewens meer belangrik is as enigiets anders. Hy het rustig geraak toe hy bed toe gaan, maar my gees was nou onrustig.
Ek het opnuut besef dat sommige van ons aardse besittings inderdaad skatte was vir my. Ek sou hartseer wees om ons huis vol foto's en bokse met dagboeke te verloor. Ek sou verpletter wees as my rekenaar iets oorkom — 'n stoorplek vir geskrewe herinneringe en allerhande beeldmateriaal wat ek nooit sal kan vervang nie.
Ja, dis dinge wat ek hier op aarde as waardevol beskou, en die meeste daarvan verteenwoordig waardevolle belewenisse, wonderlike herinneringe saam met geliefdes en kosbare lesse van God wat in my dagboek aangeteken is. Tog het daardie skatte die potensiaal om in my hart in te kruip, al kan hulle glad nie vergelyk word met die erfenis wat God vir my het en die belofte van die hemel nie.
Laat ek jou 'n vraag vra wat ek vir myself vra: Is ons meer behep met aardse skatte as die Een wat dit aan ons gegee het?
Ons moet dalk ons aardse skatte minder maak, al is hulle waardevol, om plek te maak vir die skatte wat God vir ons wil gee.
Word herskep
1. Wat is sommige van jou aardse skatte?
2. Hoeveel tyd neem daardie skatte elke dag of week in beslag?
3. Waar val God in jou rangorde van skatte?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More