Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Alreeds Goedgekeur
Jy het goedkeuring gekry.
Klink dit soos die perfekte antwoord?
Afhangende van wat nou in jou lewe aangaan, mag jy letterlik wag vir goedkeuring. Dalk om 'n huis te koop of om 'n lening vir 'n voertuig te kry. Miskien wag jy vir goedkeuring vir 'n universiteit se honneursprogram of om 'n internskap te verkry. Dalk wag jy om goedgekeur te word as 'n vrywilliger by jou kind se skool of om die jeug te help mentor.
Om vir goedkeuring te wag is iets wat ons almal een of ander tyd gaan beleef. Ons hoef egter nooit te wag om die goedkeuring van God te kry nie. Hy hou nie 'n reuse stempel in sy hand vas en wag om dit op ons voorkoppe te druk omdat ons reg opgetree het nie. Hy waai nie 'n denkbeeldige getekende kontrak voor ons oë wat ons in die hemel gaan toelaat, afhangende van ons vermoë om die voorwaardes na te kom nie.
God se weë is baie anders as ons s'n.
Dit berus nie op 'n kontrak nie. Dit sluit 'n verhouding in. Wanneer daardie verhouding die regte rigting inslaan, sal ons agterkom dat sy goedkeuring ... met tyd ... al is wat ons nodig het.
Sy goedkeuring is nie iets wat ons op ons eie kan bekom nie. Inteendeel, dit geskied deur iemand anders.
Jesus.
Toe Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes, het Hy die skuld betaal wat eens op 'n tyd gesorg het dat ons afgekeur word. Wanneer God deur Jesus Christus na ons kyk, sien hy net goedkeuring. Wat beteken dit vandag vir jou om met daardie sekerheid te kan leef?
Word herskep
1. Vir wie se goedkeuring leef jy?
2. Hoe sou jou lewe verander as jy die waarheid aanvaar dat jy, deur Jesus, God se goedkeuring het?
3. Wat sal dit behels om op te hou om die goedkeuring van mense na te streef?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More