Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 18 VAN 21

Dra Meer Vrug

My vriend, snoei is 'n unieke proses. Daar word terug gesnoei tot 'n punt waar nuwe groei moontlik is. Dis nie 'n geval dat 'n mens iets heeltemal uitruk, versnipper of vervang wat alreeds groei nie.

Dis beslis nie dieselfde as wat ek met die hibiskus gedoen het wat by my agterdeur groei nie. Ek het eerlikwaar die bedoeling gehad om die belofte wat ek aan my man gedoen het, te hou. Ek was nooit van plan om dit met my kaal hande uit te ruk nie. Ek was eers net weggevoer deur 'n bietjie snoeiery hier en daar. Ek kon egter nie verdra hoe dit gelyk het toe ek klaar was nie, en as gevolg van te veel adrenalien (en opgekropte frustrasie nadat ek vir die vierde keer in ag jaar moes trek), het ek die ondenkbare gedoen. Ek het die stam vasgegryp en dit heen en weer gepluk totdat die wortels los genoeg was om die hele plant uit te trek. Soveel so vir snoei!

Is dit ook ons gevoel oor die manier hoe God ons snoei? Voel ons of ons doodgekap en ons wortels uitgeruk word? Voel ons dat God probeer om ons uit te roei?

Ai, my vriend, dis nie God se manier nie. Hy snoei om groei te sien plaasvind, nie om dood te maak nie. Die Here wil ons lewens snoei sodat ons meer vrug kan dra. Ons moet aan God se snoeiskêr dink as 'n belofte van die goeie dinge wat gaan kom.

Dink na oor hoe 'n "nee" antwoord jou kan help om jou huidige omstandighede te geniet.

Daardie ompad is eintlik 'n geleentheid om 'n mooier pad te volg op pad na jou bestemming.

Die vertraging is eintlik 'n onverwagte geskenk van tyd.

God verwyder dalk iets uit jou lewe, maar net omdat Hy iets meer spesiaals vir jou in gedagte het.

 

Word herskep

1. Waaraan dink jy as jy die woord "snoei" hoor?

2. Hoe het God se snoeiery nuwe groei in jou lewe gebring?

3. Waarvan is jy bewus wat die Here tans uit jou lewe wil snoei?

 

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946