Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Laat Vaar Dit
Afgodery. Dis een van daardie woorde wat die meeste van ons nooit wil uiter nie en nog minder wil erken dat dit een van ons sondes is. Tog, as afgodery beskryf kan word as die aanbidding van enige iemand of iets behalwe God, is ons nie almal maar een of ander tyd daaraan skuldig nie?
Ek weet ek is! Ek het al my doenlysie aanbid en dit gebruik om myself beter te laat voel oor alles wat ek bereik het, ten koste van my deelname aan die werk wat God vir my gegee het. Ek kan nie eens onthou hoeveel keer ek 'n geliefde afgejak het net om nog een ding gedoen te kry nie. Ja, uit my perspektief is dit afgodery, want ek was meer toegewyd daaraan as om na die aansporing van Heilige Gees te luister, stil te word en die nodige liefde aan die persoon te gee wat voor my gestaan het.
Kan jy aan so 'n geleentheid dink toe jou planne belangriker was as God s'n? Kan dit wees dat jy in so 'n geval die "ding" aanbid eerder as God?
Ek is ook skuldig daaraan om my plek te aanbid. Te dikwels is die netheid van my huis vir my meer belangrik as om 'n aangename omgewing vir my gesin te skep waar hulle kan woon. Jy kan jou indink hoe ek ontplof oor 'n varkhok, wat in der waarheid nooit soos 'n varkhok gelyk het nie. "Wat sal ander van my dink?" is eintlik die onderliggende afgod te midde van die varkhok, as ek eerder my reputasie aanbid in plaas daarvan om my gesin in liefde te dien.
Ai, hierdie afgodery is subtiel en die kanse is goed dat ons makliker ons vinger na ander kan wys as onsself. Voor jy dus afgodery in ander uitwys, soek God op en vra die opregte vraag: Here, wat probeer ek meer aanbid as U — my tyd, geld of energie?
Word herskep
1. Wat is jou denke oor afgodery, veral in jou persoonlike geval?
2. Op watter maniere sukkel jy met afgodery?
3. Hoe kan jy begin om teen afgodery in jou lewe te stry?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More