Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Ontsnap Uit Die Valstrik
Ek hou haar dop terwyl sy die vertrek beskou en alles inneem. Sy begin vroetel op haar stoel en ek neem waar dat sy probeer gemaklik voel met haarself. Ek is seker sy wonder oor die algemene dinge waaroor tieners en volwassenes enersyds wonder:
Ek wonder wat hulle van my sal dink?
Ek is seker sy het meer vriende, dalk selfs meer as een beste vriendin.
Sy kan waarskynlik enigiets eet wat sy wil en nog steeds so goed lyk.
Sy was onbewustelik besig om haar waarde te bepaal, gemeet aan 'n onsigbare maatstaf. Haar waarde was vasgevang tussen wat sy omtrent haarself waarneem in vergelyking met wat sy in ander sien, terwyl sy eintlik moes fokus op wat God oor haar te sê het. Sy is natuurlik nie die enigste een wat skuldig is daaraan om in hierdie strik van vergelyking te trap nie. Doen ek en jy dit nie gedurig nie?
Neem byvoorbeeld 'n Sondagoggend. Jy begin deur goed te voel oor hoe jy lyk, net voor jy by die deur uitstap op pad kerk toe. Wanneer jy in die kerkbank inskuif let jy 'n geliefde vriendin in die oorkantste bank op. Sy lyk fantasties, soos altyd. Wat gebeur as haar vlees swak is? Wat gebeur as sy struikel en sondig?
Ewe skielik word jou "goed genoeg" nie so goed genoeg nie, totdat jy die vrou agter jou, wat 'n aaklige dag beleef, se hand skud. Haar baba het so pas op haar bloes opgegooi en haar peuter trek amper haar romp van haar lyf af. Nou word jou "nie so goed nie" eintlik beter omdat jy weereens in die strik getrap het om 'n vergelyking te tref.
Ons val met alle kwessies in hierdie strik, van gesondheid tot rykdom, fiksheid tot mode, opvoeding tot atletiese prestasie en verhoudinge tot rolle wat ons speel. In plaas daarvan om net te aanvaar wie ons is, hoe God ons gemaak het en waar Hy ons wil gebruik, is ons besig om te wonder of ander beter daaraan toe is. Dis eintlik 'n belediging teenoor God ons Skepper, is dit nie waar nie? Wat sal dit behels om op te hou om te vergelyk en te begin lewe volgens wie God ons geskep het om te wees?
Word herskep
1. In watter soort strik van vergelyking val jy gereeld?
2. Wat kan jy doen om die strik in die toekoms te vermy?
3. Op watter manier kan jy begin om te aanvaar hoe God jou gemaak het en die lewe wat Hy jou gegee het?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More