Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Die Wyse Voorbeeld
Toe my jongste dogter omtrent ses jaar oud was, het sy in die kombuis ingewals om vir my haar "kort" kortbroek te wys en sy het gesê sy is nou soos die jong meisies wat sy op kampus gesien het. "Liefie", het ek geantwoord, "hulle maak nie "kort" kortbroeke vir dogters van jou grootte nie. Kom ons kyk watter grootte dit eintlik is."
Dit blyk toe dat sy die verkeerde tweedehandse kortbroek aanhet. In plaas daarvan om 'n nommer ses aan te trek, wat te groot sou wees vir haar, het sy 'n kleiner nommer met moeite aangetrek. Hoekom? Omdat sy die voorbeeld gevolg het van die tienermeisies in die koshuis. Sy het alles waargeneem — die goeie, die slegte en die té kort kortbroeke wat meisies oor naweke aantrek.
Wat "neem jy in" terwyl jy deur jou dag beweeg? Watter beelde laat 'n indruk op jou gedagtes? Watter gedrag wat jy waarneem in ander, vorm jou karakter? Watter media beelde maak 'n impak op jou siel?
Ons volg hierdie voorbeelde onbewustelik en moeiteloos, tensy ons doelbewus fokus op wat ons raaksien. Dis omdat dit die menslike natuur is om na dinge te kyk, waar te neem en na te volg. Dis hoekom Paulus by ons aandring om die voorbeeld van Christus te volg. Ja, ons kan dit soms doen as ons na hulle kyk wat ook Christus volg, maar wat gebeur as hulle deur hulle vlees beheer word? Wat gebeur as hulle struikel en sondig?
Christus het vir ons die voorbeeld gestel wat ons kan volg sonder om 'n voet verkeerd te sit.
Word herskep
1. Watter voorbeeld volg jy onbewustelik deur dinge soos die media, kultuur of verhoudinge?
2. Wat behels dit om Christus se voorbeeld op 'n praktiese manier te volg?
3. Het jy al ooit nagedink oor die voorbeeld wat jy vir ander stel en die impak daarvan in hulle lewens?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More