Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 11 VAN 21

FASE 3: OORKOM HINDERNISSE

Sy Goeie Doel

Ek het nou maar eenmaal 'n swakheid vir potplante. Ongeag die seisoen, kan ek nie help om 'n paar vir my voorstoep of agterstoep te koop nie. In die wintermaande loop ek eers by die plante afdeling verby voordat ek na die groente en vrugte toe gaan, en loop dan net stadig genoeg om 'n madeliefie te vat wat met helderpienk blomblare vir my glimlag.

Die probleem is egter dat alhoewel ek al die plante in hul God-gegewe prag geniet, vergeet ek gereeld dat ek vir hulle moet sorg om hulle aan die lewe te hou. Ag, hulle vra nie baie nie — net 'n bietjie water af en toe. Maar helaas, my verwaarlosing lei tot hulle ondergang en ook my man se ontsteltenis. Keer op keer dring hy by my aan om net meerjarige plante te koop wat ons in die tuin kan plant. Ten minste het hulle 'n kans op oorlewing as hulle reën kry.

Anders as my mislukte pogings met potplante, het die Woord van God niks van ons nodig om aan die lewe te bly nie. Dis 'n lewende geskenk van God ons Skepper, wat in ons lewens onderhou word deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Elke woord wat geskryf is, van Genesis tot Openbaring, is lewendig lank na dit vir die eerste keer neergeskryf is. Dis vandag nog net so gepas soos dit laas week, laas jaar of 'n geslag gelede was. Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Dit is nie hol of leeg nie. Dit is nie verouderd of onbelangrik nie. Die vraag is of dit so aktief in jou lewe is soos dit behoort te wees?

Word herskep

1. Op watter manier is die Woord lewendig in jou lewe?

2. Op watter maniere is die Woord besig om die gesindheid van jou hart te beoordeel?

3. Wat sou dit verg om elke dag vir God meer van jou tyd in die Woord te gee sodat dit 'n groter invloed in jou lewe kan hê?

 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946