Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 5
SOAP: Handelinge 5:42
Daar was baie hindernisse wat die vroeë kerk kon verhoed om die evangelie te verkondig. Hulle is gearresteer, in die gevangenis gegooi en met teregstelling gedreig. Selfs te midde van al die teenkanting en onrus wat hulle in die gesig gestaar het, was hulle onwrikbaar in die verspreiding van die evangelieboodskap.
'n Wetgeleerde genaamd Gamaliël, het opgestaan in die teenwoordigheid van die Fariseërs en leraars van die wet en hulle herinner aan iets wat baie waar was: as hulle boodskap van menslike oorsprong was, sou dit misluk, maar as hulle boodskap en hulle missie van God was, dan sou dit voortgaan.
Ons is 'n bewys dat die boodskap van die vroeë kerk van God afkomstig was. Die lede van die vroeë kerk was so oortuig van die boodskap wat hulle gedeel het, dat hulle bereid was om daarvoor te sterf. Maak nie saak wat hulle in die gesig gestaar het nie, hulle het nie opgehou om die goeie nuus te verkondig nie: Jesus is die Christus. Dit is inderdaad goeie nuus, nuus wat nie net die vroeë kerk verander het nie, maar ook elkeen van ons.
Here Jesus, dankie dat U vir die vroeë kerk die dapperheid en moed gegee het om die boodskap van die evangelie te deel. Ek is vol vertroue dat hulle boodskap van U afkomstig was, nie van menslike oorsprong nie. U is die Seun van God, U het die sonde van die wêreld weggeneem, en U is die enigste manier om die ewige lewe te ontvang. Gee my die moed om die evangelie te deel wanneer ek teenkanting in die gesig staar. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |