Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 6 VAN 44

Lees: Handelinge 4

SOAP: Handelinge 4:19–20

Nadat Petrus en Johannes die verlamde man in die tempel genees het, het 5 000 mense tot bekering gekom. Kan jy jou voorstel wat die uitwerking van hierdie gebeurtenis in jou omgewing sal wees as 5 000 mense tot geloof in Christus kom?

Petrus en Johannes het dit onmoontlik gevind om nie die goedheid van Jesus Christus te verkondig nadat Hy hulle lewens en harte so drasties verander het nie. Hulle is deur die Heilige Gees bemagtig om die boodskap van Christus te verkondig. Hulle was oortuig van die evangelie en die krag daarvan, en niks, selfs nie dreigemente en opdragte van die owerhede, kon hulle verhinder om die waarheid te verkondig nie.

Ons het dieselfde Heilige Gees wat vandag in ons woon. Die Heilige Gees stel ons in staat om die waarheid van God se Woord, die waarheid van wie Christus is, en die waarheid van wat Hy gedoen het, te verkondig. Petrus en Johannes was ongeletterde en eenvoudige mense (Handelinge 4:13), maar hulle het steeds die evangelie verkondig. Mag hulle voorbeeld ons vandag bemoedig om Christus voortdurend te verkondig, ongeag ons omstandighede.

Here Jesus, ek prys U dat U vir die wêreld 'n weg tot verlossing bied. Help my om te glo dat die Heilige Gees my bemagtig op dieselfde manier as wat dit die vroeë gelowiges bemagtig het. Help my om die waarheid van die evangelie aan almal rondom my, deur my woorde en optrede te verkondig. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/