Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 3
SOAP: Handelinge 3:16
Nadat Petrus en Johannes 'n verlamde man in die tempel genees het, het mense gewonder waar hulle krag vandaan gekom het. Dit was net 'n paar weke sedert Jesus verhoor en gekruisig is en die gebeure van daardie paar dae was nog vars in almal se geheues. Toe die verlamde man genees is, het die mense ongetwyfeld die wonderbaarlike maniere onthou waarmee Jesus baie mense genees het terwyl Hy op die aarde was.
Toe die verlamde man sy geloof in Jesus geplaas het, is sy krag herstel. Toe die skare gewonder het waar Petrus en Johannes hulle krag ontvang het, het hulle die skare herinner aan die Een wat verhoor en gekruisig is — Jesus Christus. Petrus het verduidelik hoe die werk van Jesus, en die werk wat hulle voortgaan om te doen, die woorde van die profete van lank gelede vervul het. Die Jode in die tempel het Jesus verwerp, maar dit het nie sy dissipels gestop om die waarheid van wie Hy is te deel nie. Jesus is die Seun van God, die enigste Een wat sondes kan vergewe en die enigste Een wat kan genees.
Dit is geloof in Jesus wat red. Dit het altyd gered en dit sal altyd red. Mag ons, soos Petrus, voortgaan om die waarheid te verklaar, ongeag die teenkanting wat ons mag ervaar.
Vader God, dankie dat U u Seun gestuur het om my plek te neem en die straf vir my sonde te dra. U het altyd verlossing aan u mense gebied deur geloof alleen. Laat ek 'n getuie wees van hierdie waarheid en ander (en myself) herinner dat dit deur geloof is, en nie werke nie, dat ek gered en verlos is. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |