Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 10 VAN 44

Lees: Handelinge 6

SOAP: Handelinge 6:7

Namate die Woord van God deur Jerusalem en Judea versprei het, het die aantal dissipels toegeneem. Dit het aanleiding gegee tot konflik onder die gelowiges, konflik wat gedreig het om skeuring en verdeeldheid in die vroeë kerk te veroorsaak. Toe hierdie konflik ontstaan het, het die twaalf apostels besef dat hulle hoof fokus moes wees om die Woord van God te verkondig. Die apostels het ook besef dat die konflik belangrik was, en dat die kerk ‘n groter leierskorps benodig het namate die kerk gegroei het. As gevolg hiervan het hulle addisionele leiers aangestel om toesig te hou oor die verspreiding van voedsel aan weduwees.

Die groei van die kerk was 'n goeie ding, maar dit het nie sonder uitdagings gepaard gegaan nie. Hierdie voorbeeld van die leierskap en leiding van die apostels, toon die werking van die liggaam van Christus. Die apostels moes hulle gawe gebruik om die evangelie te verkondig en ander was nodig om ander funksies in die kerk te verrig en dinge te organiseer.

Ongeag van ons rol in die liggaam van Christus, is ons noodsaaklik. Daar is een liggaam van Christus waarvan ons almal lede is. Ons het elkeen verskillende gawes en wanneer ons die gawes gebruik vir die opbou en eenheid van die liggaam van Christus, sal die evangelie aanhou om te versprei (1 Korintiërs 12).

Here Jesus, dankie dat U al die lede van u liggaam uniek gemaak het. Help my om my gawes te gebruik om ander te bemoedig en te help. Help my om te dien en om u naam groot te maak, maar nie uit selfbevordering nie. Help my om dié wat U aangestel het as leiers in die liggaam van Christus, te vertrou. In u Naam, amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/