Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 12 VAN 44

Lees: Handelinge 7:54–8:3; Psalm 116:15

SOAP: Handelinge 7:59–60; Psalm 116:15

Stefanus word die eerste Christenmartelaar genoem, omdat hy die eerste was wat ter wille van die verkondiging van die evangelie gesterf het. Die mense in die stad was so kwaad oor wat Stefanus gesê het, oor die waarheid wat hy verkondig het, dat hulle hom gewelddadig doodgemaak het. Stefanus het nie met vrees of wanhoop op hulle optrede gereageer nie; in plaas daarvan, het hy met groot vergewensgesindheid en groot hoop gereageer. 

Ofskoon ons nie almal noodwendig sal sien hoe Jesus ons in die hemel verwelkom net voor ons sterf nie, het die Heilige Gees Stefanus se oë oopgemaak om dit te sien. Dit was vir Stefanus baie vertroostend. Stefanus was ook so oortuig van Christus se mag en sy verlossingswerk, dat hy God gevra het om sy moordenaars te vergewe. 

Stefanus se dood was ongetwyfeld ‘n tragedie, maar soos ons later in ons studie van Handelinge sal sien, was dit ‘n keerpunt vir die vroeë kerk. Stefanus se dood was die begin van ‘n hele reeks gewelddadige vervolgings, maar die dood van die heiliges was nie tevergeefs nie. God heg waarde aan die lewens en sterwe van sy volgelinge. Hy bied troos en hoop aan ons wanneer ons dit die nodigste het. 

Here God, dankie dat die lewens en sterwe van u dienaars vir U so waardevol is. U bied altyd troos en hoop aan my wanneer ek dit die nodigste het. Help my om soveel moed en vrymoedigheid soos Stefanus aan die dag te lê, en om altyd bereid te wees om die waarheid te verkondig, ongeag die gevolge. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/