Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 10; Titus 3:5
SOAP: Handelinge 10:34-35; Titus 3:5
Jesus se aardse bediening was hoofsaaklik op die volk Israel gerig. (Matteus 15:24) Handelinge 10 is ‘n belangrike keerpunt in die geskiedenis van die kerk. Die volk Israel was ‘n bepaalde, unieke volksgroep, deur God self afgesonder. Israel is honderde jare voor Jesus al deur God aangewys om ’n heilige volk te wees wat God sou verteenwoordig aan die wêreld. Israel moes hulle by streng voorskrifte hou oor die kos wat hulle toegelaat was om te eet. Dít en ander rituele het hulle van ander volke onderskei, as heilig vir God.
Die heidene, mense van nie-Joodse afkoms, is deur die Jode as onrein beskou en tot met die gebeure wat in Handelinge 10 opgeteken is, het die apostels en ander dissipels die evangelie hoofsaaklik aan ander Jode verkondig. Handelinge 10 vertel van Petrus se visioen, waarin God hom beveel om nie meer nie-Jode as onrein te beskou nie. Toe het Petrus die evangelie aan ‘n nie-Jood, met die naam Kornelius, ‘n offisier in die Romeinse leër, gaan verkondig.
Hoewel die verdeeldheid tussen Jode en nie-Jode nie daar en dan beëindig is nie, was Kornelius en die mense saam met hom se bekering ‘n beduidende draaipunt in die geskiedenis van die kerk. Die vroeë kerk het begin verstaan dat ‘n mens se verlossing niks te doen het met nasionaliteit, geskiedenis, agtergrond of familie nie, maar uit genade alleen is. Ons word slegs deur God se genade gered en daarom kan ons ons verheug!
Here Jesus, ek loof U, want U trek niemand voor nie. Dankie dat U my toelaat om u evangelie te hoor. Help my om getrou te wees aan die evangelieboodskap en dit aan almal te verkondig sonder om iemand uit te sonder. In u Naam, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |