Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 21 VAN 44

Lees: Handelinge 13:13–52

SOAP: Handelinge 13:48–49

Daar was baie godvresende mense in Pisidiaanse Antiogië. Toe Paulus en Barnabas die stad bereik, het hulle vir beide gelowige Jode en heidene begin preek. Toe Paulus verduidelik dat die evangelie vir Jood sowel as heiden was, het die Jode woedend geword.

Die Jode was al vir honderde jare God se uitverkore volk. Hulle was steeds die uitverkore volk van God, maar as gevolg van Jesus se opoffering, was daar verlossing beskikbaar vir alle mense. In die eerste eeu was daar 'n groot verdeling tussen Jode en heidene, en Jode wou niks met heidene te doen hê nie. Namate die evangelie egter steeds versprei het, het al hoe meer heidene tot geloof in Christus gekom.

Die heidene was verheug toe hulle hoor dat Jesus gekom het om hulle te red. Hulle was bly dat die verlossing nie net vir die Joodse volk was nie, maar ook vir enige ander nasie. As gevolg van hulle vreugde is die evangelie in die streek versprei. Die evangelie is nie vir ‘n spesifieke groep mense nie. Die evangelie is die boodskap van Christus en die hoop op verlossing en 'n verhouding met God, vir almal wat glo. Daar is geen onderskeid tussen diegene wat in Christus is nie (Galasiërs 3:28). Die evangelie is vir alle mense, in alle tye, alle kulture en alle nasies. Dit is die moeite werd om oor te juig!

Vader God, ek dank U dat U my in staat gestel het om die evangelie te kan hoor. Ek prys U dat U toegelaat het dat almal gered kan word deur geloof in U. U is goed en liefdevol en goedhartig. Help my om ander lief te hê en almal in u kerk te verwelkom. In die naam van Jesus. Amen.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/