Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 16
SOAP: Handelinge 16:31–33
Paulus en Silas het hulle reis voortgesit en die stad Filippi besoek. Sommige van die mense daar was oop vir die evangelie en hulle het Paulus en Silas verwelkom, dankbaar dat hulle die evangelie met hulle kom deel het. Daar was egter ander wat hulle boodskap teengestaan het en hulle het Paulus en Silas in die tronk gegooi.
God het al in die verlede wonderwerke vir hulle gedoen en Hy het weer vir hulle 'n wonderwerk gedoen in hulle donkerste, mees desperate oomblikke. 'n Groot aardbewing het hulle kettings laat breek. As gevolg hiervan, kom 'n tronkbewaarder en sy hele gesin tot bekering en word gedoop.
Maak nie saak wat ons omstandighede is nie, of dit hoopvol of desperaat is, God is in beheer. God is getrou, maak nie saak wat met ons gebeur nie, maak nie saak wie ons teenstaan nie en maak nie saak watter foute ons maak nie. Hy was getrou in die verlede en Hy sal getrou wees in die toekoms. Hy is altyd in staat om 'n uitweg te voorsien, en Hy voorsien selfs meer as waarvoor ons bid of hoop. Kom ons vertrou Hom vandag.
Vader God, ek prys U vir u getrouheid. U was nog altyd in die verlede getrou aan my. Help my ook om te glo dat U altyd in die toekoms getrou aan my sal wees. Ek vertrou U en ek vertrou u plan. Help my om aan te hou glo in U, selfs wanneer my omstandighede verander of slegter of beter word. In die naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |