Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 18
SOAP: Handelinge 18:9–10
Paulus lyk na 'n ongelooflike dapper en bekwame man. Hy het voortgegaan om die evangelie te verkondig in elke stad wat hy besoek het, ten spyte daarvan dat hy gestenig en in die tronk gegooi is. Hy het na ver stede gereis en almal wat die evangelie teengestaan het uitgedaag. Maar hier, toe Paulus in Korinte arriveer, lyk dit of hy worstel met vrees.
God het Paulus beveel om nie bang te wees nie. Paulus sou hierdie aanmoediging net nodig gehad het as hy bang was. God het nie met Paulus geraas of hom beskaamd gemaak oor sy vrees nie. Inteendeel, God vertroos hom. Daar was baie gelowiges in Korinte; God het 'n netwerk van ondersteuning en sorg vir Paulus verskaf. Toe Paulus bang was en hulp nodig gehad het, het God in sy behoefte voorsien.
Maak nie saak wat die omstandighede is nie, God voorsien in ons behoeftes. Selfs wanneer dit voorkom asof ons alles reeds uitgepluis het, voorsien God steeds wat ons nodig het. Paulus het vertroosting nodig gehad; God het voorsien. Maak nie saak wat ons vrese is nie, God bied vertroosting. Maak nie saak wat ons nodig het nie, God sal voorsien. Ons moet in geloof wandel en lewe, maar ons kan vol vertroue wees dat sy sorg en goedheid en voorsiening vir ons onwrikbaar is.
Here God, dankie vir u onwrikbare voorsiening vir ons. Dankie dat U so diep vir my omgee. Ek glo dat U vir my omgee en dat U altyd gewillig en in staat is om my met my behoeftes te help. Help my om U en u tydsberekening te vertrou. U is getrou. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |