Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 33 VAN 44

Lees: Handelinge 21

SOAP: Handelinge 21:19–20a

As God 'n wonderlike werk in die wêreld doen, is sy mense bly. As ons hoor van die ongelooflike maniere waarop God in die buiteland werk, of teen onderdrukking, armoede en onreg, is ons verheug. As 'n vriend of buurman ons vertel van die manier waarop God 'n werk voorsien het toe hulle werkloos was, is ons saam met hulle bly. As ons hoor dat God die harte verander van diegene wat ver van Hom af is, aanbid ons Hom. As ons verneem van die maniere waarop God die harte van jongmense soek of van die vele mense wat hul geloof in Christus geplaas het, prys ons Hom.

Die getrouheid van God lei ons tot lofprysing. Dit maak nie saak hoe God sy getrouheid getoon het nie, dit moet ons, as sy volk, altyd daartoe lei om Hom te loof en te aanbid. Toe Paulus alles wat God gedoen het met die gelowiges in Jerusalem gedeel het, was hulle verheug. Hulle het baie geleer deur te hoor van God se getrouheid oor die hele wêreld.

As ons tyd neem om te leer van die maniere hoe God getrou was aan ander, neem ons geloof toe. God se goedheid is duidelik waar ons ook al kyk. Ons kan saam met ons vriende en bure en broers en susters in Christus juig wanneer ons hoor van God se getrouheid, ongeag ons omstandighede. Hy was getrou in die verlede, en Hy sal getrou wees in die toekoms. Verheug jou vandag in sy getrouheid en goedheid.

Here God, ek loof U vir u getrouheid. U was getrou aan Paulus en die vroeë kerk toe U die evangelie oor die hele wêreld versprei het. U was getrou aan my, my vriende en familie, my gemeenskap en my land. Maak my oë oop om u getrouheid vandag te sien. Laat ek U loof en prys wanneer ek leer van U groot getrouheid. Amen

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/