Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 22:1–29; Matteus 28:19-20
SOAP: Handelinge 22:15–16; Matteus 28:19-20
Selfs nadat hy in hegtenis geneem is, het Paulus geweet wat sy opdrag was: om vir alle mense ‘n getuie te wees van die waarheid van Jesus Christus. Paulus is tydens sy wonderbaarlike bekering (Handelinge 9) deur Jesus geroep om die evangelie te verkondig. Paulus het berou gehad oor sy sondes, die Naam van die Here aangeroep en baie mense na Christus gelei.
Dit was nie net Paulus wat hierdie opdrag ontvang het nie. Toe Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy al sy volgelinge beveel om die Woord aan alle nasies te verkondig en om dissipels te maak. Hulle moes in hulle leeftyd getuies wees van die goedheid van Christus en die verlossing wat beskikbaar was vir almal wat glo.
Indien die dissipels of Paulus gedink het dat daardie opdragte uitsluitlik vir hulle bedoel was, sou ons waarskynlik nie die evangelie gehoor het nie. Die evangelie het aanhou versprei en vermenigvuldig, want almal wat dit gehoor het, het dit weer aan ander verkondig. Ons het dit gehoor omdat iemand vir ons daarvan vertel het. Ons het dieselfde roeping, dieselfde opdrag van Jesus om die Woord te verkondig en dissipels te maak. Namate ons vandag die werk van die evangelie voortsit, mag ons die vertroue en versekering hê dat die Here steeds met ons is. Hy was met Paulus en die vroeë dissipels in alles waarvoor hulle te staan gekom het, en Hy sal ons bemagtig terwyl ons sy Naam verkondig.
Vader God, ek vra dat U my die dapperheid sal gee om die evangelie met ander te deel. Ek glo dat U my geroep het om u Naam aan die wêreld te verkondig, en ek weet dat ek dit elke dag, net waar ek is, kan doen. Stuur asseblief mense wat U nie ken nie, oor my pad. Laat my daagliks ‘n lig en ‘n getuie van die evangelie wees. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |