Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 25; Psalm 23:4-6
SOAP: Handelinge 25:10–11; Psalm 23:4-6
Paulus het deur die donkerste vallei gestap. Hy het voor die keiser, voor die hoogste hof in sy tyd verskyn, hoewel hy geen misdaad gepleeg het nie. Paulus se reaksie was manmoedig; hy was nie bang vir die dood nie, maar hy het aangedring op ‘n regverdige verhoor.
Koning Dawid het hierdie beroemde woorde in Psalm 23 geskryf, honderde jare voordat Paulus geleef het. Paulus het die Ou Testament goed geken (Filippense 3:5-6) en sou ongetwyfeld vertroud gewees het met hierdie woorde van Dawid se Psalm. Paulus het vas geglo dat sy God hom sou beskerm, wat ook al met hom sou gebeur. Hy was nie bang vir die dood nie, omdat hy geweet het dat sy ewigheid saam met Christus veilig was.
Ons kan net soveel vertroue hê wanneer ons beproewings en swaarkry moet trotseer. God het nog nooit sy mense in die steek gelaat nie. Hy beskerm al geslagte lank die lewens van sy kinders, en Hy sal nie nou ophou nie. Ons hoef nie bang te wees vir gevaar nie, want God is by ons. Sy goedheid en sy getrouheid sal by ons bly, ongeag waarvoor ons te staan kom.
Vader God, U goedheid en getrouheid bly my lewenslank by. Help my om te onthou dat U by my is wanneer ek deur die donkerste vallei gaan. Laat ek nie bang wees vir gevaar nie, omdat U by my is. Ek vertrou U vandag met my omstandighede. In die naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |