Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 27
SOAP: Handelinge 27:22–25
Sou dit nie wonderlik wees as God in ‘n droom na ons toe kom en ons vertel hoe dinge vir ons gaan uitwerk nie? Ons mag dalk nie in die middel van ‘n storm op see gestrand wees nie, maar die storms van ons lewe kan ons net soveel vrees veroorsaak. As ons in die versoeking kom om hoop te verloor, bied Paulus se woorde bemoediging.
Hou moed! As die lewe desperaat lyk en daar is nêrens om na toe te draai nie, hou moed! Op dieselfde manier wat God nie vir Paulus en die matrose op die skip verlaat het nie, sal Hy ons ook nie verlaat nie.
Ons geloof neem toe deur beproewings. Ons beproewings is nie bedoel om ons te breek nie, maar om ons te louter en ons geloof in God te laat groei. In ons donkerste oomblikke kan ons op God se karakter vertrou. As God op maniere optree wat blyk of dit in stryd is met sy karakter, kan ons rus in die wete dat Hy nog nie klaar is nie. Hy laat alles vir ons ten goede meewerk (Romeine 8:28) en Hy sorg vir ons (1 Petrus 5:7). Hou moed!
Vader God, ek is oortuig, dat ongeag watter storms ek in die gesig staar, U my nooit alleen sal los nie. U is getrou en U werk, selfs al sien ek nie u hand nie. Help my om te glo dat U vir my is. Help my om U te vertrou as dinge desperaat lyk. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |