Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
![Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20552%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Handelinge 26
SOAP: Handelinge 26:22–23
Paulus kon van niks anders praat as die evangelie van Jesus Christus nie. Niks kon Paulus verhinder om Christus te verkondig nie, selfs nie dreigemente van dood, valse beskuldigings of arrestasie nie. Paulus het besef dat al wat saak gemaak het, was om Christus en sy kruisiging te verkondig.
Die groot hulp wat Paulus van God ontvang het, was ‘n getuienis aan homself van God se volgehoue getrouheid in sy toekoms. Paulus se ervarings het sy geloof versterk. Wanneer sy geloof versterk moes word, het hy krag geskep uit God se getrouheid in die verlede. Dit was ook ‘n getuienis aan diegene rondom hom dat dit nie saak maak waarteen hy te staan kom nie, God sal hom help.
Onthou ons God se getrouheid as ons beproewings ervaar? God se getrouheid in die verlede is ‘n voorbeeld en ‘n belofte van sy getrouheid aan ons in die toekoms. Hy sal aanhou om ons te verlos, selfs al voel ons dat niks goed uit ons situasie kan kom nie (2 Korintiërs 1:9).
Here God, ek vertrou op u verlossing. U het my verlos van baie dinge in my verlede. U het voor my uitgegaan en my beskerm. U het my nog altyd gehelp. Die offer van Christus aan die kruis was inderdaad u grootse daad van getrouheid. Help my om Christus te verkondig, ongeag wat in my lewe gebeur. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20552%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |
Verwante Leesplanne
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs
![Ewige Verbond](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22651%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ewige Verbond
![Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21250%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes
![Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20926%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
![Ervaar God se almag en teenwoordigheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21771%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar God se almag en teenwoordigheid
![Vrygespreek](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21045%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vrygespreek
![Gebede wat God altyd verhoor](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21043%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gebede wat God altyd verhoor
![Seën vir jou siel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22624%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Seën vir jou siel
![Lig - Aangetrek Tot Die Lewe Deur Die Wonderbaarlike Lig Van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25874%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lig - Aangetrek Tot Die Lewe Deur Die Wonderbaarlike Lig Van God
![Vrug: 'n Onvergeetlike lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21262%2F320x180.jpg&w=640&q=75)