Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 20
SOAP: Handelinge 20:32–35
In Paulus se laaste toespraak aan die ouderlinge van Efese, het hy sy hart met hulle gedeel en hulle aan waardevolle waarhede herinner. Paulus het na aan die kerk in Efese gegroei en die feit dat hy sou weggaan, het baie hartseer veroorsaak. Al wou hy by hulle bly, het Paulus besef dat hulle in God se hande was.
God sal vir die kerk in Efese sorg op dieselfde manier as wat hy vir Paulus gesorg het. Omdat Paulus 'n tentmaker van beroep was, kon hy die bedieningswerk sonder finansiële steun doen. God het deur sy beroep vir hom voorsien. Sy voorbeeld het diegene wat hom ondersteun het, toegelaat om in die behoeftes van die swakkes en diegene wat werklik in nood was, te voorsien.
Ongeag ons finansiële posisie, roep God ons om te gee. Wanneer ons getrou aan die behoeftiges en aan die verspreiding van die evangelie gee, kan ons die voorsiening van God op buitengewone maniere sien. Deur aan ander te gee, vertrou ons op God om in ons eie behoeftes te voorsien en beoefen ons geloof in Hom. Wanneer ons aan ander wat in nood is gee, is ons 'n getuienis vir die wêreld dat ons besittings nie ons eie is nie, maar geskenke van ons vrygewige hemelse Vader.
Vader God, U is goedgunstig en genadig. U het nog altyd in al my behoeftes voorsien. Help my om U met my bates te vertrou en dit nie uit vrees vas te hou nie. Gee my 'n vrygewige hart om aan ander te gee en te voorsien in die behoeftes van diegene rondom my. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |