Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 19 VAN 44

Lees: Handelinge 12

SOAP: Handelinge 12:24

Die Woord van God is nie iets wat gestuit kan word nie. Dit kan nie gestuit word deur menslike pogings, bose skemas, of selfs groot foute nie. Die evangelie verander vandag nog steeds harte en lewens soos wat dit in die eerste eeu met die vroeë kerk gedoen het.

God het ingegryp toe bose mense, soos koning Herodes, probeer het om die verspreiding van die evangelie te stop. Deur ‘n wonderbaarlike ontsnapping is Petrus uit die gevangenis bevry en is sy lewe gespaar. God het Herodes gestraf vanweë sy boosheid, en selfs in hierdie wilde en skokkende reeks gebeure, het die evangelie steeds vermeeder.

Die Woord van God en die boodskap van die evangelie van Jesus Christus, is nie in die eerste eeu gestuit nie, en dit word nie vandag gestuit nie. Charles Spurgeon, ‘n gerespekteerde prediker uit die laat 19de eeu, het die evangelie met ‘n leeu vergelyk. ‘n Leeu hoef nie verdedig te word nie, maar moet eenvoudig uit sy hok vrygelaat word. Spurgeon het gesê: "die beste "verskoning" vir die evangelie is om die evangelie vry te laat en om Jesus Christus te  verkondig, en Hom gekruisig. Laat die leeu uit en kyk wie dit sal waag om hom te nader. Die Leeu van die stam van Juda sal al sy teëstanders binnekort verdryf.” Laat ons die leeu uitlaat. Laat ons voortgaan om die evangelie te verkondig en te kyk hoe dit vermeeder.

Here God, u Woord is waarheid. Die evangelie van Jesus het nie my verduideliking nodig nie; dit kan op sy eie staan. Laat ek ‘n getroue getuie van die evangelie wees. Here, laat u werk in die wêreld gedoen word. Amen.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/