Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 7:1–53; Psalm 146:6
SOAP: Handelinge 7:48–50; Psalm 146:6
Nadat Stefanus gearresteer is, is hy voor die raad in Jerusalem gebring. Stefanus het die evangelie van Christus deur die geskiedenis van die nasie Israel verwoord. Sy getuienis het verklaar dat Jesus Christus die Seun van God is, die beloofde Messias, die Een wat die sonde van die wêreld weggeneem het.
Aan die einde van sy boodskap het Stefanus verklaar dat die Allerhoogste God nie in 'n tempel woon of vervat kan word nie. Die rituele en gedrag van die Jode gedurende daardie tyd, weerspieël die geloof dat God se teenwoordigheid by hulle gebly het, omdat hulle die tempel gehad het. Stefanus het Jesaja 66 aangehaal, toe God gesê het dat Hy nie in 'n mensgemaakte struktuur vervat kon word nie, omdat Hy self alles gemaak het.
Stefanus se getuienis het die godheid van Christus beklemtoon. Die menswording van Christus, het die noodsaaklikheid van die tempel verwyder. God se teenwoordigheid het nie meer in die tempel in Jerusalem gewoon nie, maar was nou, en is steeds, in die harte van sy volk. Wanneer ons ons geloof in Christus plaas, kom woon die Heilige Gees binne-in ons, sodat ons te alle tye toegang tot God se teenwoordigheid kan hê.
Vader, ek prys U dat U u Heilige Gees gestuur het om in my te woon. U Gees bemagtig my elke dag om u voorskrifte te volg, om ander lief te hê en u naam bekend te maak. Help my om deurentyd bedag te wees op die Gees hier binne my. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |