Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld
Lees: Handelinge 2
SOAP: Handelinge 2:42–43
Toe die Heilige Gees op Pinksterdag op die gelowiges uitgestort is, is hulle bemagtig om die evangelie aan die wêreld te verkondig. Van die eerste dag af wat hulle die evangelie verkondig het, het die volgelinge van Jesus teenkanting ervaar. En tog het hulle voortgegaan om die Woord te verkondig en in eensgesindheid met mekaar te leef.
Die eenheid van die vroeë kerk het baie verskil van die kulturele norms van die eerste eeu. Sosiale stand was baie rigied en slawerny was algemeen. Maar die vroeë gelowiges in Christus het herken dat hulle lewens en hulpbronne nie hulle eie was nie. Hulle was daartoe verbind om die evangelie te versprei en in mekaar se behoeftes te voorsien. Niemand, hetsy slaaf of vry persoon, ryk of arm, invloedryk of nie ,is ontsê nie. Hulle het herken dat die verspreiding van die evangelieboodskap meer belangrik is as om hulle hulpbronne bymekaar te sit. Hulle was verbonde aan mekaar.
As gevolg van hulle verbintenis tot die evangelie en aan mekaar, het die wêreld notisie geneem. Wanneer ons in die lig van ons posisie in Christus leef, in plaas van ons sosiale stand, maak dit 'n impak. Mag ons, soos die vroeë kerk, in eensgesindheid met ander gelowiges leef.
Here Jesus, dankie dat ek eensgesindheid met ander gelowiges het as gevolg van U. Help my om vandag in eensgesindheid met ander gelowiges te leef. Wys my hoe om ander gelowiges te bemoedig en hoe ons saam die lig van u evangelie aan die wêreld kan bring. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |