Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Hoor Jy Wat Ek Hoor (Do You Hear What I Hear)
Die lammetjie vra vir die skaapwagtertjie
Hoor jy wat ek hoor?
Die klank in die lug, skaapwagtertjie
Hoor jy wat ek hoor?
Meer as 2 000 jaar gelede is die Redder van die wêreld gebore. Het jy al ooit gewonder hoe mense van sy geboorte uitgevind het? Die lied "Do You Hear What I Hear" gee vir ons 'n voorbeeld van hoe die nuus van sy geboorte dalk versprei het.
Die lied begin waar die Heilige Gees vir die lammetjie vra: "Sien jy wat ek sien?" Die lammetjie gaan na die skaapwagtertjie toe en vra: "Hoor jy wat ek hoor?" Die skaapwagtertjie gaan dadelik na die koning toe en vra: "Weet jy wat ek weet?" Wanneer hulle vir almal vertel het wat God vir hulle gesê het, het 'n hele nasie van die geboorte van die Redder, Jesus, gehoor — en wat sy geboorte vir die hele wêreld beteken.
Die goeie nuus is dit: dis ook ons roeping as volgelinge van Christus — om dit wat ons gehoor het met ander te deel! God openbaar Homself aan almal op verskillende maniere, afhangende van ons persoonlikhede en gawes. Vir sommige van ons wys Hy iets sigbaar oor Homself, soos 'n ster in die hemelruim. Ander kom nader aan Hom as hulle die Skrif lees en sommige as hulle sy lof besing. Die vraag is: wat doen ons met dit wat God vir ons gegee het? Ons moet besef dat God ons gaan gebruik om mense nader aan Hom te bring deur middel van dit wat Hy aan ons as individue bekend gemaak het.
In hierdie lied het God 'n skaapwagtertjie se stem gebruik om vir ander te vertel wat hy gehoor het, met die gevolg dat 'n hele volk van Jesus se geboorte te hore gekom het. Hoe werk dit deesdae? As ons wil hê mense moet weet dat 'n Redder gebore is, moet ons moeite doen om vir ander te vertel wat Hy aan ons bekend gemaak het. Lewens word verander as ons vir die mense in ons lewens vertel wat God aan ons openbaar het en vir ons gedoen het.
VRAE:
Wat het God onlangs aan jou bekendgemaak of vir jou gesê, wat jy met ander behoort te deel?
Op watter maniere maak God Homself aan jou bekend?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church