Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 9 VAN 25

Dieng Dong! Vrolik Daar Bo (Ding Dong! Merrily On High)

Dieng Dong! Vrolik daar bo
Lui die hemelse klokke:
Dieng Dong! Weergalm die hemel
Met engele se gesang.

Daar is so baie alarms, klokke en geluide in ons lewens. Die mikrogolf biep as die kos klaar is, die kar biep as ons veiligheidsgordel nie vasgemaak is nie en ons wekker lui soggens in 'n donker kamer om ons wakker te maak. Ons lewens is omring met geluide en alarms. Al die alarms het verskillende betekenisse.

Hierdie mooi, klassieke Kersfeeslied skets 'n prentjie van die jubelende klokkespel in die hemel. Dis asof die liedjieskrywer die manier beskryf waarop ons 'n geroep uit die hemel sal hoor. In verskeie Skrifgedeeltes word beskryf hoe iemand God gehoor het. Sommige kere was dit 'n harde geluid soos donderweer en vir ander was dit 'n sagte fluisterstem.

Het jy al ooit daardie fluistering gehoor soos Elia in 1 Konings 19:12 ervaar het? God kan op verskillende maniere met ons praat. Hy vra vir elkeen van ons om iets unieks te doen. Hy vra jou dalk om 'n vriend te bemoedig wat hierdie Kersfees 'n moeilike tyd beleef. Dalk moet jy 'n nuwe werk aanvaar. God gebruik mediese dokters om mense te behandel wat nie kan betaal nie. Hy vra kontrakteurs om 'n skool in 'n arm land te bou, die tuindienste om 'n arm weduwee se gras te sny. Wat jou talent ook al is, God kan dit gebruik om ander mee te seën. Die belangrikste ding is dat jy na sy stem luister, net soos 'n klokkespel uit die hemel. Hy roep jou om hierdie Kersfees die lig in iemand se lewe te wees.

Druk maar die sluimerknoppie op jou wekker, maar antwoord die roepstem van die Vader in jou lewe.

VRAE:

Hoe het jy in die verlede God met jou hoor praat?

Wat vra God jou om hierdie Kersfees vir iemand anders te doen?
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church